Kaitzub

Ons het hier weer ’n interessante misleiding a.g.v. verkeerde etimologisering. Die Kriegskarte gee die volksnaam wat as alternatief in gebruik was teen 1904. Dit is 'Swartpotrivier' en vertaal die inlandse naam. 'Pot' is in Nama su-b/-s, al in 1626 opgeteken (HOTT 263). Dit is die tweede lid -tsub soos geskryf op die Kriegskarte. Maar hierdie tsu- word later, bv. in die gegewens van Opmeting, -tsaub = puts, ’n frekwente bestanddeel van plek- en plaasname, en die gedagte aan 'pot' gaan nou verlore. Die eerste lid van die naam van die Kriegskarte, die Kei-, moet wees soos Nama ǃkhae = donker, of donkerswart, en is nie gae = groot (Grootputs) nie. In die gegewens van Opmeting word die 'Swart-' behou om die hibridiese 'Swart-Kaitsaub' te lewer, sodat die naam nou die Afrikaanse 'swart' het saam met die Khoekhoense Kai- = donker. Hierdie rivier loop uit die weste uit in die Lewerrivier so ongeveer 50 km suid van Gibeon. 'Donkerpotrivier'.

About this item

Identifier
1465_SKCPN
Title
Kaitzub
Alternative Title
Kaitzub
Georeference Sources
S 2517
longitude
17.5
latitude
-25.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Keitsub', op sy kaart reg wes van Gibeon, weens ’n klein miswysing, op 2517 BA, i.p.v. suidwestelik. Landmeter-generaal 1972 kaart 'Kaitzub & Kaudus', suidwestelik van Gibeon.
Description
afr Ons het hier weer ’n interessante misleiding a.g.v. verkeerde etimologisering. Die Kriegskarte gee die volksnaam wat as alternatief in gebruik was teen 1904. Dit is 'Swartpotrivier' en vertaal die inlandse naam. 'Pot' is in Nama su-b/-s, al in 1626 opgeteken (HOTT 263). Dit is die tweede lid -tsub soos geskryf op die Kriegskarte. Maar hierdie tsu- word later, bv. in die gegewens van Opmeting, -tsaub = puts, ’n frekwente bestanddeel van plek- en plaasname, en die gedagte aan 'pot' gaan nou verlore. Die eerste lid van die naam van die Kriegskarte, die Kei-, moet wees soos Nama ǃkhae = donker, of donkerswart, en is nie gae = groot (Grootputs) nie. In die gegewens van Opmeting word die 'Swart-' behou om die hibridiese 'Swart-Kaitsaub' te lewer, sodat die naam nou die Afrikaanse 'swart' het saam met die Khoekhoense Kai- = donker. Hierdie rivier loop uit die weste uit in die Lewerrivier so ongeveer 50 km suid van Gibeon. 'Donkerpotrivier'.
page start
614

Item sets