Hachas

Vandag die plase Feldschuhhorn nr 81 (ook ’n stasie daarop 32 km van Seeheim op roete na Liideritz), F.-Ost nr 88 en F.-West nr 90, almal dist. Bethanien. Soos op Kriegskarte van 1904 aangegee, het Feldschuhhorn die ou naam verdring wat toe nog bekend was as alternatiewe naam. Die huidige plaasname, vroeer bronnaam aldaar en uitspanning, is klaarblyklik ’n ver- taling in Duits, en sluit aan by die Afr. veld-skoen (teenoor vel-skoen). In Nama ǀǀhawo-, ǀǀhabo- = 'Fellschuh' (Kr.-R. 1969 NW 164) (waarvan die naam vir die stam die Velskoendraers, die ǀǀHawobes, vroeer meestal ǀǀHarobes, afgelei is), en 11na-b = horing, dus letterlik Habo-nab, 'Velskoenhoring'. Die verhaal hieraan verbonde, word deur Wandres vertel, vgl. HAWOBENAB. Die moeilikheid is Alexander se afleiding ('Waar iemand/iets verslind is', by Nama hawu = 'aufessen, verschlingen' - Kr.-R. 1969 NW 155). Dit is direkter verstaanbaar en sinvoller, en ouer. Die vraag is of dit nie ook juister is nie, soos ons meen, en dat die verduitsing op Hahn se 'verkeerde' etimologisering berus in aansluiting by die welbekende stam- naam ǀǀHawobes. Indien Alexander inderdaad gelyk gehad het, dan het daar met verloop van tyd interessante volksetimologiese verskuiwings plaasgevind in die rigting van die naam van 'n bekende stam, maar die stadiums in die proses is nou vermiste skakels. Om op te som: Die oudste dokumentasie waaroor ons beskik, 1836, gee die betekenis op as 'Opvreet-, Verslindplek'. Daar is geen sprake van 11na-b = horing nie. Volgens Wandres (HAWOBENAB) het toe op daardie plek Velskoendraers gaan woon. Hulle is ǀǀHawobes. Daar is nou ’n toevallige ooreenkoms tussen pleknaam en naam van die bewoners, naamlik tussen die ou Habunap en die stam ǀǀHawobes, altans in die eerste lid. Hierdie verband bring Hahn uit in sy spelling, en wel deur nou ’n suigkonsonant voor die eerste lid te plaas, by Alexander het dit geen suigkonsonant gehad nie (hawu- is die Namawoord by horn), en tweedens, deur die lid -nab gelyk te stel met Nama vir 'horing', dus met suigklap en met nasalering (ǀǀna-b), maar geen nasalering word later in die naam gerealiseer nie. Hierdie Hahnse etimologisering vind sy neerslag in die verduitste vorm van die vertaling in latere jare. Is dit eers sover, dan kry ons pogings tot nuwe 'singewing', soos by sendeling Wandres. As ons sy aanha- ling nie verkort het nie, sou die opsetlikheid van sy soektog na ’n verklaring geblyk het. Ons meen dat die vertaling in 'Feldschuhhorn' uit ǀǀHabo-ǀǀnab korrek is, maar dat die oorspronklike vorm nie ǀǀHabo-ǀǀnab was nie, maar wel (sonder suigkonsonant) Habunab, by Nama habunab met lokativerende -b (-p), anders by habu (of hawu-) plus ǃna- = in, 'Plek (-b) waarin (-ǃna) iets verslind/opgevreet (hawu, habu-) is'.

About this item

Identifier
1146_SKCPN
Title
Hachas
Alternative Title
Hachas
Georeference Sources
S 2517 BA
longitude
17.625
latitude
-25.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hachas', bron. Christian M 1974 Drywer Gesprek 'Die plek waar baie uintjies groei'.
Description
afr Vandag die plase Feldschuhhorn nr 81 (ook ’n stasie daarop 32 km van Seeheim op roete na Liideritz), F.-Ost nr 88 en F.-West nr 90, almal dist. Bethanien. Soos op Kriegskarte van 1904 aangegee, het Feldschuhhorn die ou naam verdring wat toe nog bekend was as alternatiewe naam. Die huidige plaasname, vroeer bronnaam aldaar en uitspanning, is klaarblyklik ’n ver- taling in Duits, en sluit aan by die Afr. veld-skoen (teenoor vel-skoen). In Nama ǀǀhawo-, ǀǀhabo- = 'Fellschuh' (Kr.-R. 1969 NW 164) (waarvan die naam vir die stam die Velskoendraers, die ǀǀHawobes, vroeer meestal ǀǀHarobes, afgelei is), en 11na-b = horing, dus letterlik Habo-nab, 'Velskoenhoring'. Die verhaal hieraan verbonde, word deur Wandres vertel, vgl. HAWOBENAB. Die moeilikheid is Alexander se afleiding ('Waar iemand/iets verslind is', by Nama hawu = 'aufessen, verschlingen' - Kr.-R. 1969 NW 155). Dit is direkter verstaanbaar en sinvoller, en ouer. Die vraag is of dit nie ook juister is nie, soos ons meen, en dat die verduitsing op Hahn se 'verkeerde' etimologisering berus in aansluiting by die welbekende stam- naam ǀǀHawobes. Indien Alexander inderdaad gelyk gehad het, dan het daar met verloop van tyd interessante volksetimologiese verskuiwings plaasgevind in die rigting van die naam van 'n bekende stam, maar die stadiums in die proses is nou vermiste skakels. Om op te som: Die oudste dokumentasie waaroor ons beskik, 1836, gee die betekenis op as 'Opvreet-, Verslindplek'. Daar is geen sprake van 11na-b = horing nie. Volgens Wandres (HAWOBENAB) het toe op daardie plek Velskoendraers gaan woon. Hulle is ǀǀHawobes. Daar is nou ’n toevallige ooreenkoms tussen pleknaam en naam van die bewoners, naamlik tussen die ou Habunap en die stam ǀǀHawobes, altans in die eerste lid. Hierdie verband bring Hahn uit in sy spelling, en wel deur nou ’n suigkonsonant voor die eerste lid te plaas, by Alexander het dit geen suigkonsonant gehad nie (hawu- is die Namawoord by horn), en tweedens, deur die lid -nab gelyk te stel met Nama vir 'horing', dus met suigklap en met nasalering (ǀǀna-b), maar geen nasalering word later in die naam gerealiseer nie. Hierdie Hahnse etimologisering vind sy neerslag in die verduitste vorm van die vertaling in latere jare. Is dit eers sover, dan kry ons pogings tot nuwe 'singewing', soos by sendeling Wandres. As ons sy aanha- ling nie verkort het nie, sou die opsetlikheid van sy soektog na ’n verklaring geblyk het. Ons meen dat die vertaling in 'Feldschuhhorn' uit ǀǀHabo-ǀǀnab korrek is, maar dat die oorspronklike vorm nie ǀǀHabo-ǀǀnab was nie, maar wel (sonder suigkonsonant) Habunab, by Nama habunab met lokativerende -b (-p), anders by habu (of hawu-) plus ǃna- = in, 'Plek (-b) waarin (-ǃna) iets verslind/opgevreet (hawu, habu-) is'.
page start
506

Item sets