Hauchab

Dit geld hier plase nr 92 en 93, ten noorde van Dordabis, dist. Windhoek. Die -tsama, die tweede komponent, kan uitgele word soos deur Dove en Veddet gedoen is, deur e.g. ook gemotiveer. Op die kaart van die SWA- Wetenskaplike Vereniging 1957 word die lid gespel (Ha-)tzamas. Dit is die Namanaam vir die bekende Citrullus lanatus . (Smith 1966 CNSAP 470), 'n woord wat ook in Afrikaans oorgegaan het as tsamma. Die eerste lid lewer in twee opsigte moeilikhede op, nl. m.b.t. klikklank en stamklinker. Dove en Vedder, met verskillende uitgangspunte, skryf geen suigkonsonant nie, Dove omdat hy dit verbind met Nama ha = is (die 'Plek waar daar tsamas is'), en Vedder omdat hy dit begryp as Nama ho = kry, vind (die 'Plek waar mens tsammas vind'). Ons glo albei het ter wille van die 'logika' die oorlewering bietjie geweld aangedoen. Teen Dove geld die beswaar dat ons in die vroeere optekeninge nerens 'n aanduiding van 'n genasaleerde klinker teengekom het nie, en teen Vedder dat ons letterlik in al die ou optekeninge, in kaarte en adresboeke en verslae, uitsluitlik ’n Ha- (nooit 'n Ho- nie) teengekom het. Ons glo dat die PNK die ou stamklinker -a- moes behou het. Waar die suigklap wel geskryf word, verskyn dit in ons vindplase soos by Hahn, met die palatale schnaiz. Die probleem is hoe om =f=Ha- saam met -tsamas sinvol te maak: dit was byvoorbeeid die probleem van Dove gewees. Die Bassingthwaighte’s het gedink aan =^ha = stoot; ook mnr J Boois 1974 Taalassistent Aantekening, ken dit as =f=ha = stoot. Dr Th Hahn 1901 bring egter ’n nuwe dimensie by in sy Collectanea, bv. op bl. 193 oor 'Suffix Tsa- in Ortsnamen', vgl. ook bl. 49 'Suffix Tsa appears in local names in IKora and Nama...' Dit kom hierop neer dat die gedeelte wat op die Ha- volg, nie terug te voer is op -tsama- nie, maar op tsa- plus -ma-s. Die -ma-s is hier dan weer te beskou as 'n lokatiewe suffiks soos by bv. KAKAMAS, en die -tsa- as 'n formans wat in plekname die grondwoord adjektiwies/adverbiaal bepaal. Die grondwoord wat by die beste segslui met 'n palatale klapklank gespel is, d.w.s. as =f=ha-, kan dan beteken ' stossen' (Kr.-R. 1969 NW 171), soos by Dove, Boois en die Bassingthwaighte's, die geheel ongeveer die 'Plek (-ma-) wat stootagtig ( =f=ha- tsa-) is', d.w.s. (miskien) 'waar daar gestoot moet word', bv. voertuie, vragwaens. Ons dink weer aan 'n ander moontlikheid, met grondwoord ^ha- = 'breit, flach' (Kr.-R. aldaar), d.w.s. die 'Bree, breedagtige/vlakkerige, gelyke plek', met die tsa- in die Hahnse gees opgevat. In hoever dit topografies verdedigbaar is, weet ons nie, maar Dove ken die gebied as uitgestrek, soos ons horn verstaan.

About this item

Identifier
1228_SKCPN
Title
Hauchab
Alternative Title
Hauchab
Georeference Sources
S 2416
longitude
16.5
latitude
-24.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Vollmer Frau W 1866 Quellen 5 158 '...am andern Morgen war ǀǀOasib...nach Hauxab gefliichtet...'
Description
afr Dit geld hier plase nr 92 en 93, ten noorde van Dordabis, dist. Windhoek. Die -tsama, die tweede komponent, kan uitgele word soos deur Dove en Veddet gedoen is, deur e.g. ook gemotiveer. Op die kaart van die SWA- Wetenskaplike Vereniging 1957 word die lid gespel (Ha-)tzamas. Dit is die Namanaam vir die bekende Citrullus lanatus . (Smith 1966 CNSAP 470), 'n woord wat ook in Afrikaans oorgegaan het as tsamma. Die eerste lid lewer in twee opsigte moeilikhede op, nl. m.b.t. klikklank en stamklinker. Dove en Vedder, met verskillende uitgangspunte, skryf geen suigkonsonant nie, Dove omdat hy dit verbind met Nama ha = is (die 'Plek waar daar tsamas is'), en Vedder omdat hy dit begryp as Nama ho = kry, vind (die 'Plek waar mens tsammas vind'). Ons glo albei het ter wille van die 'logika' die oorlewering bietjie geweld aangedoen. Teen Dove geld die beswaar dat ons in die vroeere optekeninge nerens 'n aanduiding van 'n genasaleerde klinker teengekom het nie, en teen Vedder dat ons letterlik in al die ou optekeninge, in kaarte en adresboeke en verslae, uitsluitlik ’n Ha- (nooit 'n Ho- nie) teengekom het. Ons glo dat die PNK die ou stamklinker -a- moes behou het. Waar die suigklap wel geskryf word, verskyn dit in ons vindplase soos by Hahn, met die palatale schnaiz. Die probleem is hoe om =f=Ha- saam met -tsamas sinvol te maak: dit was byvoorbeeid die probleem van Dove gewees. Die Bassingthwaighte’s het gedink aan =^ha = stoot; ook mnr J Boois 1974 Taalassistent Aantekening, ken dit as =f=ha = stoot. Dr Th Hahn 1901 bring egter ’n nuwe dimensie by in sy Collectanea, bv. op bl. 193 oor 'Suffix Tsa- in Ortsnamen', vgl. ook bl. 49 'Suffix Tsa appears in local names in IKora and Nama...' Dit kom hierop neer dat die gedeelte wat op die Ha- volg, nie terug te voer is op -tsama- nie, maar op tsa- plus -ma-s. Die -ma-s is hier dan weer te beskou as 'n lokatiewe suffiks soos by bv. KAKAMAS, en die -tsa- as 'n formans wat in plekname die grondwoord adjektiwies/adverbiaal bepaal. Die grondwoord wat by die beste segslui met 'n palatale klapklank gespel is, d.w.s. as =f=ha-, kan dan beteken ' stossen' (Kr.-R. 1969 NW 171), soos by Dove, Boois en die Bassingthwaighte's, die geheel ongeveer die 'Plek (-ma-) wat stootagtig ( =f=ha- tsa-) is', d.w.s. (miskien) 'waar daar gestoot moet word', bv. voertuie, vragwaens. Ons dink weer aan 'n ander moontlikheid, met grondwoord ^ha- = 'breit, flach' (Kr.-R. aldaar), d.w.s. die 'Bree, breedagtige/vlakkerige, gelyke plek', met die tsa- in die Hahnse gees opgevat. In hoever dit topografies verdedigbaar is, weet ons nie, maar Dove ken die gebied as uitgestrek, soos ons horn verstaan.
page start
535

Item sets