Kaukerus (Gaoguris)

n Seldsame optekening van die ou naam, oorgeneem deur Stow 1905 Native Races 205. Dit handel oor die Grootvisrivier in Oos-Kaapland. Ons het hier dieselfde woord in t’kau (die t’ is die suigimplosief) as die ǀǀOu-b wat die Grootvisrivier in Suidwes-Afrika benoem (vgl. OUB). A1 die ou vindplase vir 'vis' in Ou-Kaaps, in die Oos-Kaapse dialekte en in Kora het die k-, kch- of g- anlautend (kyk HOTT 501). Ons voeg daaraan ’n nuwe toe: Gordon 1777 by kaart AG 7146.96 van Kaapse Argief: 'Caapse bagger, uit de binnenlandse rivieren, in't hottentots 'noe 'kauwp, of swarte vis'. Oor die t’Kau- van Sparrman kan wel geen twyfel bestaan nie, dit is vir 'vis', miskien spesifiek vir 'bagger'. Hy skryf dit in sy Woordelys as t’gau. Die -t’kay of -t’kai is gewoon Ou-Kaaps vir 'groot' (vgl. HOTT 291), Nama kai. Anders as in Grootvisrivier van Suidwes-Afrika waar die b.nw. deur die Blankes of die bemiddelaars vooraan geheg is, is die 'Groot' hier ’n deel van die oorspronklike inheemse naam gewees en is dit in die vertaling opgeneem. Daar is nog ander optekeninge van die naam wat ons teengekom het, maar ons kon nie die primere bron vasstel nie. Pettman 1931 SAPN 146 vertel dat die Grootvisrivier in die Oostelike Provinsie ’n vertaling is van Khoekhoens ǀǀOub-ǃab, maar in hierdie vorm is dit die moderne skryfwyse van die naam in Nama en is waarskynlik gerekonstrueer, d.w.s. uit Afrikaans/Engels in Nama oorgebring. Maingard 1934 SAJS 31 131 gaan uit van die huidige Bantoenaam i-Nxuba wat wel uit Khoekhoens oorgeneem en aangepas is en presies te vereenselwig is met Korana ǀǀau- = vis, plus '-ba ending'. Die Afrikaanse, Engelse en Xhosaname is almal uit Khoekhoens geneem, lg. aangepas, e.g. twee vertaal. In ’n brief gedateer 1 Mei 1957 se prof. Engelbrecht aan Holt 1959 PNTT 19 dat Kei nie verwar moet word met 't’Kai or t’Kay in the Hot. name for the Fish River' nie. Weer ’n keer lyk dit of ook Engelbrecht aan Sparrman se opgawe dink, dus of ons maar net een primere bron met sekerheid het.

About this item

Identifier
1620_SKCPN
Title
Kaukerus (Gaoguris)
Alternative Title
Kaukerus (Gaoguris)
Georeference Sources
S 2317 DA
longitude
17.625
latitude
-23.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Kaukerus', bron. PNK 10 1 1949 'Kaukerus. Motorbushalte 84 km van Rehoboth op roete na Uhlenhorst-Hoachanas. Ou naam deur die Hottentotte gegee en beteken ‘Die versamel- of rusplek van diere'. Dit is die vertaling wat deur 'n ou Nama-ouderling Traugott, vroeer van Hoachanas, aan die eienaar van die plaas gegee is'. PNK 20 1 1949 'Kaukerus'. Die polisie rapporteer dat Gert Pienaar, ’n Nama van 60-70 jaar oud, van Hoachanas, verklaar: 'Die huidige naam is 'n ver- draaiing van die Namanaam Gauguris...Hy ken die naam van hy sy ver- stand gekry het... Gau beteken wildebeeste, en guris beteken kou. As ’n been kaal gevreet is, word daar nie meer aan gevreet nie maar dit word gekou. As veld kaal gewei is, word daar nie meer op gewei nie maar dit word gekou. Die plek was altyd baie kaal maar die wildebeeste het altyd daar in groot troppe bymekaar gekom en blykbaar daar gewei of gekou. Vandaar die idee Gauguris'. Die polisiebeampte voeg dan by: '...baie Hottentotte wat ek gevra het, het my die vrye vertaling gegee as ‘Bymekaarkomplek (vergaderplek) van die wildebeeste’. Hulle was dit eens dat die naam Gauguris was, maar kon my nie die betekenis van guris se nie. Sommige het my meegedeel dat guris of tguris beteken om te brak of suur, m.a.w. die plek waar die wildebeeste kom sout of suur lek het...Die Hottentotte het vroeer jare op Gauguris gaan jag omdat hulle geweet het dat hulle altyd die wildebeeste in groot troppe daar sou aantref'. Die posmeester van Rehoboth deel nog mee 'dat daar glo ’n digte lap kameelbome op die plaas is, en in vroeer jare het die wilde diere glo daar vergader om te rus'. Vedder H 4 8 1949 in 'n brief aan PNK na bostaande aan horn voorgele is: 'Kaukerus. In Namataal moet die naam geskryf word ǀGao-guris. ǀGao is die wildebees, guris is die 'jaar'. Omdat elke jaar in die reentyd by die groot vlei baie wildebeeste gekom en daar vertoef het, het die ou jagters ...hierdie naam aan die plek gegee. Vertaling: ‘Jaarlikse (vergaderplek) van wildebeeste’.' Dr Van Warmelo adviseer: 'Volgens dit behoort ons Gaoguris te skryf. 11 8 1949'. [Deur PNK aanvaar.] Krenz FK 1974 Boer Aantekening 'Gau-ǃkurus = Wildebees-brak; ǃkuru het dieselfde betekenis as dawe = brakplek'
Description
afr n Seldsame optekening van die ou naam, oorgeneem deur Stow 1905 Native Races 205. Dit handel oor die Grootvisrivier in Oos-Kaapland. Ons het hier dieselfde woord in t’kau (die t’ is die suigimplosief) as die ǀǀOu-b wat die Grootvisrivier in Suidwes-Afrika benoem (vgl. OUB). A1 die ou vindplase vir 'vis' in Ou-Kaaps, in die Oos-Kaapse dialekte en in Kora het die k-, kch- of g- anlautend (kyk HOTT 501). Ons voeg daaraan ’n nuwe toe: Gordon 1777 by kaart AG 7146.96 van Kaapse Argief: 'Caapse bagger, uit de binnenlandse rivieren, in't hottentots 'noe 'kauwp, of swarte vis'. Oor die t’Kau- van Sparrman kan wel geen twyfel bestaan nie, dit is vir 'vis', miskien spesifiek vir 'bagger'. Hy skryf dit in sy Woordelys as t’gau. Die -t’kay of -t’kai is gewoon Ou-Kaaps vir 'groot' (vgl. HOTT 291), Nama kai. Anders as in Grootvisrivier van Suidwes-Afrika waar die b.nw. deur die Blankes of die bemiddelaars vooraan geheg is, is die 'Groot' hier ’n deel van die oorspronklike inheemse naam gewees en is dit in die vertaling opgeneem. Daar is nog ander optekeninge van die naam wat ons teengekom het, maar ons kon nie die primere bron vasstel nie. Pettman 1931 SAPN 146 vertel dat die Grootvisrivier in die Oostelike Provinsie ’n vertaling is van Khoekhoens ǀǀOub-ǃab, maar in hierdie vorm is dit die moderne skryfwyse van die naam in Nama en is waarskynlik gerekonstrueer, d.w.s. uit Afrikaans/Engels in Nama oorgebring. Maingard 1934 SAJS 31 131 gaan uit van die huidige Bantoenaam i-Nxuba wat wel uit Khoekhoens oorgeneem en aangepas is en presies te vereenselwig is met Korana ǀǀau- = vis, plus '-ba ending'. Die Afrikaanse, Engelse en Xhosaname is almal uit Khoekhoens geneem, lg. aangepas, e.g. twee vertaal. In ’n brief gedateer 1 Mei 1957 se prof. Engelbrecht aan Holt 1959 PNTT 19 dat Kei nie verwar moet word met 't’Kai or t’Kay in the Hot. name for the Fish River' nie. Weer ’n keer lyk dit of ook Engelbrecht aan Sparrman se opgawe dink, dus of ons maar net een primere bron met sekerheid het.
page start
672

Item sets