ǂKhoab

Alleen die Sweed Sparrman, op wie ook die Sweedse uitgewer van Victorin steun, skryf ’n suigkonsonant vooraan, en in 1914 en 1963 die segsliede in De Kerkbode en by Metelerkamp. Die spelling by al die oudste optekenaars hier aangehaal, het geen K- vooraan nie; dit is deurgaans N-, ook by Engelse soos Burchell wat in 1811 die volksnaam van die Cyrtanthus obliquus vertaald' aangee as 'Nysna lily', maar in Engelse bronne word die riviernaam betreklik algemeen gespel op die patroon van 'knee' en 'knight', van 'know' en 'knuckle', as Knysna (vgl. o.a. die spelling van DWYKA deur John Barrow wat ook in sy Engelse vorm algemeen geword het). In die vorm van Knysna kom die naam weer by dieselfde Barrow van 'Dwyka'-faam voor (vgl. sy Travels 2 76, 321), en weer sal dit as die goeie model in amptelike kringe geld totdat dit offisiele status sal kry. Drie afleidings word gegee. Die oudste is seker die van 'varingblaar'. Dit is herhaaldelik genoem. Miskien kan ons nog een getuie oproep, nou van Afrikaanse kant, wat dan, soos Rev. Hewitt, ook 'n predikant is. Ds WJ Conradie {Op reis in het Zuidwesten, Londen, 1909) verwys op bl. 103 na Knysna so: 'Men zegt, dit is een naam door de oude Hottentotten aan de plaats gegeven, omdat er zovele ‘varens’ waren...' Ongelukkig kon ons nie die Khoekhoense naam vir 'varings' in ons bronne vind nie. Dit is dus nie doenlik om dit aan die klankvorm van die pleknaam te toets nie. Die ander verklaring waaraan Pettman die voorkeur gee, is die van 'skerp afgesny'. Die woorde slaan hy in Kroenlein 1889 na en kry die ekwivalent in Nama daarvoor as ǃgao-ǀǀna. Die ooreenstemming in klankbou is beslis onoor- tuigend, by name van die eerste deel. Hy sou naderaan sowel die 'tnaai-'tnaai van die segsman van 1914 as aan Knysna self (d.i. aan die Neis(e)na van die oudste vindplase) gekom het as hy uitgegaan het van die =}=nei [ =j=nai] in die huidige Nama, betekenende 'gleichschneiden', naas 'beschneiden' (Kr.-R. 1969 NW 289). Die opmerking van die kleindogter van George Rex berus op Nama hei-s = hout (Rust 1960 DNW 32), sonder suigkonsonant, en ǀǀna(ba) = daar (Rust 14). Dit is ’n blote toevalligheid en mis o.i. ook ’n kousatiewe grondslag wat dit aanneemlik kan maak. Dr Du Plessis noem naas die verklaring soos by Rex se kleindogter nog ’n ander wat deur Bantoes gegee sou gewees het, nl. 'Groot dam water', wat ons, soos hy (Ondersoek 1973 251), onwaarskynlik ag. Wat ons betref, ons het te min gegewens om ’n bepaalde keuse te maak. Ons voorkeur gaan uit na 'Varingplek' wat ook die oudste is en botanies- ekologies gefundeer is, daarby die frekwentste is, en wat plaaslik eweneens die voorkeur geniet, soos afgelei kan word uit die feit dat die varing in die dorpswapen as bestanddeel daarvan opgeneem is. Die naam het betrekking op die rivier en die dorp. In reisbeskrywings word ook dikwels gepraat oor die woud of bos, o.a. as 'Knysna Forest' op K 3323 CC waar die Francolinus afer notatus gevind en benoem is, ’n voelsoort. Die soogdier Crocidura flavescens knysnae herinner in sy naam ook aan sy vindplaas (vgl. Skead CJ 1973 Gazetteer 103).

About this item

Identifier
1777_SKCPN
Title
ǂKhoab
Alternative Title
Koab
Georeference Sources
S 2318 ens.
longitude
18.5
latitude
-23.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
nou Olifantsrivier
Name in Khoekhoe or Nama
╪Khoab**
ǂKhoab
Source
afr Kroenlein JG 1863 Quellen II 367 '...wir schliefen...dicht beim =j=Koab (Elephantenfluss)...', op pad na en naby Gobabis.
Description
afr Alleen die Sweed Sparrman, op wie ook die Sweedse uitgewer van Victorin steun, skryf ’n suigkonsonant vooraan, en in 1914 en 1963 die segsliede in De Kerkbode en by Metelerkamp. Die spelling by al die oudste optekenaars hier aangehaal, het geen K- vooraan nie; dit is deurgaans N-, ook by Engelse soos Burchell wat in 1811 die volksnaam van die Cyrtanthus obliquus vertaald' aangee as 'Nysna lily', maar in Engelse bronne word die riviernaam betreklik algemeen gespel op die patroon van 'knee' en 'knight', van 'know' en 'knuckle', as Knysna (vgl. o.a. die spelling van DWYKA deur John Barrow wat ook in sy Engelse vorm algemeen geword het). In die vorm van Knysna kom die naam weer by dieselfde Barrow van 'Dwyka'-faam voor (vgl. sy Travels 2 76, 321), en weer sal dit as die goeie model in amptelike kringe geld totdat dit offisiele status sal kry. Drie afleidings word gegee. Die oudste is seker die van 'varingblaar'. Dit is herhaaldelik genoem. Miskien kan ons nog een getuie oproep, nou van Afrikaanse kant, wat dan, soos Rev. Hewitt, ook 'n predikant is. Ds WJ Conradie {Op reis in het Zuidwesten, Londen, 1909) verwys op bl. 103 na Knysna so: 'Men zegt, dit is een naam door de oude Hottentotten aan de plaats gegeven, omdat er zovele ‘varens’ waren...' Ongelukkig kon ons nie die Khoekhoense naam vir 'varings' in ons bronne vind nie. Dit is dus nie doenlik om dit aan die klankvorm van die pleknaam te toets nie.
Die ander verklaring waaraan Pettman die voorkeur gee, is die van 'skerp afgesny'. Die woorde slaan hy in Kroenlein 1889 na en kry die ekwivalent in Nama daarvoor as ǃgao-ǀǀna. Die ooreenstemming in klankbou is beslis onoor- tuigend, by name van die eerste deel. Hy sou naderaan sowel die 'tnaai-'tnaai van die segsman van 1914 as aan Knysna self (d.i. aan die Neis(e)na van die oudste vindplase) gekom het as hy uitgegaan het van die =}=nei [ =j=nai] in die huidige Nama, betekenende 'gleichschneiden', naas 'beschneiden' (Kr.-R. 1969 NW 289).
Die opmerking van die kleindogter van George Rex berus op Nama hei-s = hout (Rust 1960 DNW 32), sonder suigkonsonant, en ǀǀna(ba) = daar (Rust 14). Dit is ’n blote toevalligheid en mis o.i. ook ’n kousatiewe grondslag wat dit aanneemlik kan maak.
Dr Du Plessis noem naas die verklaring soos by Rex se kleindogter nog ’n ander wat deur Bantoes gegee sou gewees het, nl. 'Groot dam water', wat ons, soos hy (Ondersoek 1973 251), onwaarskynlik ag.
Wat ons betref, ons het te min gegewens om ’n bepaalde keuse te maak. Ons voorkeur gaan uit na 'Varingplek' wat ook die oudste is en botanies- ekologies gefundeer is, daarby die frekwentste is, en wat plaaslik eweneens die voorkeur geniet, soos afgelei kan word uit die feit dat die varing in die dorpswapen as bestanddeel daarvan opgeneem is. Die naam het betrekking op die rivier en die dorp. In reisbeskrywings word ook dikwels gepraat oor die woud of bos, o.a. as 'Knysna Forest' op K 3323 CC waar die Francolinus afer notatus gevind en benoem is, ’n voelsoort. Die soogdier Crocidura flavescens knysnae herinner in sy naam ook aan sy vindplaas (vgl. Skead CJ 1973 Gazetteer 103).
page start
720

Item sets