ǂKhoa-aib

K(h)oabib (Nama ^khoa = olifant, -bi-b is lokatief) of 'Olifantsplek' is klaarblyklik by dr Hartmann en op die Kriegskarte as die alternatiewe Namanaam vir Otavi, die Otavi suidelik van Tsumeb gelee, naamlik die myn- dorpie, aangegee. Die grondbetekenis van die oostelike Otavi is, volgens dr Vedder 1940 in Afrikanischer Heimatkalender 1940 61 'hervorquellen in Stossen, wie die Milch aus dem Euter quillt, wenn das Kalb kraftig zustosst'. Die ander Otavi in Kaokoland beteken, volgens Vedder, 'Borrelfontein', en die olifante bad daar in die water. Dit kom uit Herero. Blykbaar wys die Namanaam daarop dat olifante in hierdie buurt gehou het, kyk egter ook KOABIS. Dat olifante in die dist. Grootfontein volop was, blyk uit die baie plaasname soos net suid van Otavi Elephantenberg nrs 584, 793, 792, verder Olifantsfontein nr 9, Olifantslaagte nr 433, Olifantspoor nr 434 en Olifantsput nr 911, waarvan sommige sonder veel twyfel vertalings sal wees, ook uit nie- Namatale, insluitende uit Tsumeb-distrik.

About this item

Identifier
1705_SKCPN
Title
ǂKhoa-aib
Alternative Title
Khoaeib, Koaeib
Georeference Sources
S 2318/2418/2519
longitude
18.5
latitude
-23.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
nou Olifantsrivier
Name in Khoekhoe or Nama
╪Khoa-aib*
ǂKhoa-aib
Source
afr Hahn Th 1879 kaart ' ^Khoaeib or Klein Ouob R.' Kiepert 1893 kaart ' ^Koaeib od. Klein Ouob'. Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Koaeib (Elephanten FI.)'. Budack 1965 Studie 227 ' ^Koa-eib, 'Olifantsuitsig’, 4=koab = olifant; eis, eib = gesig, vlakte, maar ook uitsig. (Die teenswoordige Olifantsrivier wat van noordwes na suidoos deur die distrikte Windhoek, Rehoboth en Gibeon loop en ook die noordoostelike hoek van Keetmanshoop-distrik deurkruis)'.
Description
afr K(h)oabib (Nama ^khoa = olifant, -bi-b is lokatief) of 'Olifantsplek' is klaarblyklik by dr Hartmann en op die Kriegskarte as die alternatiewe Namanaam vir Otavi, die Otavi suidelik van Tsumeb gelee, naamlik die myn- dorpie, aangegee. Die grondbetekenis van die oostelike Otavi is, volgens dr Vedder 1940 in Afrikanischer Heimatkalender 1940 61 'hervorquellen in Stossen, wie die Milch aus dem Euter quillt, wenn das Kalb kraftig zustosst'. Die ander Otavi in Kaokoland beteken, volgens Vedder, 'Borrelfontein', en die olifante bad daar in die water. Dit kom uit Herero. Blykbaar wys die Namanaam daarop dat olifante in hierdie buurt gehou het, kyk egter ook KOABIS. Dat olifante in die dist. Grootfontein volop was, blyk uit die baie plaasname soos net suid van Otavi Elephantenberg nrs 584, 793, 792, verder Olifantsfontein nr 9, Olifantslaagte nr 433, Olifantspoor nr 434 en Olifantsput nr 911, waarvan sommige sonder veel twyfel vertalings sal wees, ook uit nie- Namatale, insluitende uit Tsumeb-distrik.
page start
702

Item sets