Hoadoas(Berg)

Ons het 'n groot aantal fiche's oor hierdie naam. Daaruit is 'n keuse gemaak om spelstelsels te toon maar ook spelwyses soos ǃOacha-ǃnas, meestal met H- vooraan, Boachanas en ǃHoakha-ǃnas, daarnaas die vorm sonder die -ǃnas, d.w.s. IHoachas. Die hele tyd deur kom ook die spelwyse voor soos dit nou deur Blankes genormaliseer is, nl. Hoachanas. Daar was 'n opmerklike konstantheid. Veral die suigkonsonante is sonder afwykinge weergegee. Verder wou ons met ons keuse die verklarings laat blyk. Daar is veral drie verklarings gegee. Schinz het verneem dat dit Kromplek beteken (by Nama ǃhoa = 'krom'), ’n plek met draaie. Victor Bassingthwaighte 1974 het die moontlikheid in sy gesprekke ook genoem ('And ǃhoa is also a turning, and it might be a lot of turns in it; I think it is the turns in it...'). Die tweede stel verklarings neem die woord ǃhoa (let op die anderse aksentuering) = 'vertel' tot grondslag en bou daaromheen ’n storie. Hierby sluit Strunck se informante haar aan. Vedder 1928 bespreek dit in besonderhede, maar hier is by horn tog 'n opvallende frontverandering. In 1928 beskou hy die opvatting 'zuverlassig falsch', in 1947 aanvaar hy dit sonder voorbehoud. Dit lyk of die konsensus wil he dat die naam te doen het met (ronde) rotsblokke. Nie alleen is dit die frekwentste nie, maar ook die oudste. Dit kom al voor in 1852 as 'Felsenplatz' en berus op navraag deur iemand wat horn as sendeling presies op hoogte van die betekenis van hierdie pos wou stel. Vir die taalkundige beredenering word verwys na Dove en Vedder wat die nodige daar se. Vir alle sekerheid word gese dat dit vandag plaas nr 120 is in die distrik Mariental, en moet nie verwar word met Haochanas nr 24 nie, in dist. Karasburg op S 2718. 'Rotsplek'.

About this item

Identifier
1279_SKCPN
Title
Hoadoas(Berg)
Alternative Title
Hoadoas(Berg)
Georeference Sources
S 2317
longitude
17.5
latitude
-23.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Hahn Th 1879 kaart 'Hoadoas Mt.', berg ten ooste van Oamites. Dieselfde by Kiepert 1893 kaart. Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hoadoas B.', gelee noordoostelik van Rehoboth.
Description
afr Ons het 'n groot aantal fiche's oor hierdie naam. Daaruit is 'n keuse gemaak om spelstelsels te toon maar ook spelwyses soos ǃOacha-ǃnas, meestal met H- vooraan, Boachanas en ǃHoakha-ǃnas, daarnaas die vorm sonder die -ǃnas, d.w.s. IHoachas. Die hele tyd deur kom ook die spelwyse voor soos dit nou deur Blankes genormaliseer is, nl. Hoachanas. Daar was 'n opmerklike konstantheid. Veral die suigkonsonante is sonder afwykinge weergegee. Verder wou ons met ons keuse die verklarings laat blyk. Daar is veral drie verklarings gegee. Schinz het verneem dat dit Kromplek beteken (by Nama ǃhoa = 'krom'), ’n plek met draaie. Victor Bassingthwaighte 1974 het die moontlikheid in sy gesprekke ook genoem ('And ǃhoa is also a turning, and it might be a lot of turns in it; I think it is the turns in it...'). Die tweede stel verklarings neem die woord ǃhoa (let op die anderse aksentuering) = 'vertel' tot grondslag en bou daaromheen ’n storie. Hierby sluit Strunck se informante haar aan. Vedder 1928 bespreek dit in besonderhede, maar hier is by horn tog 'n opvallende frontverandering. In 1928 beskou hy die opvatting 'zuverlassig falsch', in 1947 aanvaar hy dit sonder voorbehoud. Dit lyk of die konsensus wil he dat die naam te doen het met (ronde) rotsblokke. Nie alleen is dit die frekwentste nie, maar ook die oudste. Dit kom al voor in 1852 as 'Felsenplatz' en berus op navraag deur iemand wat horn as sendeling presies op hoogte van die betekenis van hierdie pos wou stel. Vir die taalkundige beredenering word verwys na Dove en Vedder wat die nodige daar se. Vir alle sekerheid word gese dat dit vandag plaas nr 120 is in die distrik Mariental, en moet nie verwar word met Haochanas nr 24 nie, in dist. Karasburg op S 2718. 'Rotsplek'.
page start
554

Item sets