Kobos

Gordon se Ca- en Wikar se Cha-, ons vroegste optekeninge tot hiertoe, pleit sterk vir 'n woord met 'n -a- daarin. Wikar se duidelike benadrukking van die feit dat Chabous 'de brakke rivier genaamd' is, stem ooreen met sy gebruik om vir sy Hollandse leser van die NOIK, vir wie die verslag bedoel is, die in- landse name te vertaal. Ons glo dat Chabous gelyk te stel is met Brakrivier. Tot dieselfde algemene gevolgtrekking het dr Van Vreeden ook gekom...in 1961, in 1958 het hy 'n ander verklaring voorgestaan en toe 'geen twyfel' oor die korrektheid daarvan gehad nie. Maar, soos ons, het hy moeilikheid onder- vind om C(h)abous en Brakfontein taalkundig oortuigend te knoop. Van Vreeden haal 'n vorm aan wat hy in die kaart by R Churchill 1892 Men, mines and animals in South Africa gevind het, nl. Oboop. Dat die C-, Ch- of K- ont- breek, is geen ongewone verskynsel nie: dit het geglottaliseer geraak, vgl. HOTT 186 e.v. en 5 C. Opmerklik is dat die (C)A- nou tot (K)O-(boop) ontwikkel het, miskien is dit 'n vokaalaanpassing wat horn voltrek het ’n eeu na die eerste dokumentasie. Die (K)O- kan, soos by Van Vreeden 1961, ver- bind word met Nama =f=o- = sout, of met Nama ǀu = 'salzig, salpeterhaltig (sein)' (Kroenlein 1889 Wortschatz 315); daar kan seifs gedink word aan ǀubeb = sout- of seepbos (Koboop - die ‘Brakbosrivier’), maar altyd is daar taalkundige ongerymdhede wat erens oorbly. Die naam moet dus nog taalkundig met sy betekenis versoen word. Uit die aanhalings het geblyk dat hier sprake is ook van ’n Koboopfontein (K 2819 CD) en ’n Kobooprivier, Ig. op Veillet s.j. se kaart K 2819 CD/2919 BA. Die interessante is dat hierdie Koboopsrivier in die Topo-kadastrale reeks 1967 vel 2818 Warmbad ingeskryf is met die ou (k)a- as 'Kaboeprivier' op 2819 CD en 2919 BA, en die Koboopfontein vcrkort is tot 'Coboob', plaas Ken. Q. 7-20 op 2819 CD, gelee op die oewer van die Kaboeprivier wat deur die plaas vloei na sy uitmondingspunt in die Oranjerivier, en, ten tweede, dat die Coboop(fontein) in die vroegste vindplase benewens die -a- in die eerste lettergreep ook die uitgang -s het wat, soos Knudsen en Schmelen reeds in hulle tyd opgemerk het, meestal die naam van ’n fontein of bron indekseer. Ons meen dat, samevattend, die vroegste uitspraak die beste bewaar word in die riviernaam Kaboeprivier, en dat die -o- in die eerste lettergreep later ontwikkel het, moontlik klankharmoniserend. So kom ons tot ons gevolgtrekking. Dit is naamlik dat Wikar die juiste verkla- ring gegee het, d.w.s. dat Chabous(fontein), in Gordon se spelling Cabous, 'Brakwater' beteken, vanwee die bitter smaak, d.w.s. dat die eerste lid is soos Nama au = 'bitter', in Ou-Kaaps met velere aanslag K- of C(h), voordat dit geglottaliseer is. 'Bitterwater' of 'Bitterfontein' dus.

About this item

Identifier
1803_SKCPN
Title
Kobos
Alternative Title
Kobos
Georeference Sources
S 2316
longitude
16.5
latitude
-23.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Campher dr L.Ign. 1974 Vraelys: 'Kobos, plaas nr 305 in Khomas-Hochland, dist. Windhoek. Beteken ‘Kalk’; pan op plaas is wit, dit is egter nie kalk nie maar kristal. Tho'bos beteken ook patrys. Inligting van plaasarbeider David'.
Description
afr Gordon se Ca- en Wikar se Cha-, ons vroegste optekeninge tot hiertoe, pleit sterk vir 'n woord met 'n -a- daarin. Wikar se duidelike benadrukking van die feit dat Chabous 'de brakke rivier genaamd' is, stem ooreen met sy gebruik om vir sy Hollandse leser van die NOIK, vir wie die verslag bedoel is, die in- landse name te vertaal. Ons glo dat Chabous gelyk te stel is met Brakrivier. Tot dieselfde algemene gevolgtrekking het dr Van Vreeden ook gekom...in 1961, in 1958 het hy 'n ander verklaring voorgestaan en toe 'geen twyfel' oor die korrektheid daarvan gehad nie. Maar, soos ons, het hy moeilikheid onder- vind om C(h)abous en Brakfontein taalkundig oortuigend te knoop. Van Vreeden haal 'n vorm aan wat hy in die kaart by R Churchill 1892 Men, mines and animals in South Africa gevind het, nl. Oboop. Dat die C-, Ch- of K- ont- breek, is geen ongewone verskynsel nie: dit het geglottaliseer geraak, vgl. HOTT 186 e.v. en 5 C. Opmerklik is dat die (C)A- nou tot (K)O-(boop) ontwikkel het, miskien is dit 'n vokaalaanpassing wat horn voltrek het ’n eeu na die eerste dokumentasie. Die (K)O- kan, soos by Van Vreeden 1961, ver- bind word met Nama =f=o- = sout, of met Nama ǀu = 'salzig, salpeterhaltig (sein)' (Kroenlein 1889 Wortschatz 315); daar kan seifs gedink word aan ǀubeb = sout- of seepbos (Koboop - die ‘Brakbosrivier’), maar altyd is daar taalkundige ongerymdhede wat erens oorbly. Die naam moet dus nog taalkundig met sy betekenis versoen word. Uit die aanhalings het geblyk dat hier sprake is ook van ’n Koboopfontein (K 2819 CD) en ’n Kobooprivier, Ig. op Veillet s.j. se kaart K 2819 CD/2919 BA. Die interessante is dat hierdie Koboopsrivier in die Topo-kadastrale reeks 1967 vel 2818 Warmbad ingeskryf is met die ou (k)a- as 'Kaboeprivier' op 2819 CD en 2919 BA, en die Koboopfontein vcrkort is tot 'Coboob', plaas Ken. Q. 7-20 op 2819 CD, gelee op die oewer van die Kaboeprivier wat deur die plaas vloei na sy uitmondingspunt in die Oranjerivier, en, ten tweede, dat die Coboop(fontein) in die vroegste vindplase benewens die -a- in die eerste lettergreep ook die uitgang -s het wat, soos Knudsen en Schmelen reeds in hulle tyd opgemerk het, meestal die naam van ’n fontein of bron indekseer. Ons meen dat, samevattend, die vroegste uitspraak die beste bewaar word in die riviernaam Kaboeprivier, en dat die -o- in die eerste lettergreep later ontwikkel het, moontlik klankharmoniserend. So kom ons tot ons gevolgtrekking. Dit is naamlik dat Wikar die juiste verkla- ring gegee het, d.w.s. dat Chabous(fontein), in Gordon se spelling Cabous, 'Brakwater' beteken, vanwee die bitter smaak, d.w.s. dat die eerste lid is soos Nama au = 'bitter', in Ou-Kaaps met velere aanslag K- of C(h), voordat dit geglottaliseer is. 'Bitterwater' of 'Bitterfontein' dus.
page start
728

Item sets