Kakus, Gagus

Aan die noordgrens van die plaas vloei die Nyararivier met die Koonaprivier saam. Nyara is ook opgeteken as AGA en KAKA 3226 wat albei beteken 'Rietrivier'. Aan die westekant grens Kaka’s Mouth aan die plaas Riet Kuyl Som. Q.3-45, sodat daar weinig twyfel kan bestaan dat Kaka ook hier vertaal moet word soos AGA, KAGA en KAKA (KUYLEN) alw., d.w.s. as 'Rietrivier'. Dat 'riet' in hierdie gebiede volop was, kan verder afgelei word van die plaasname Great Riet Fontein en Klein Riet Fontein, op K 3225 DD. Die komponent 'Kaka' is dus soos Nama = 'riet', plus ǃ(k)a- = 'rivier'.

About this item

Identifier
1471_SKCPN
Title
Kakus, Gagus
Alternative Title
Kakus, Gagus
Georeference Sources
S 2218/2219
longitude
18.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr PNK 1947 'Kakus'. Plaas nr 73, dist. Gobabis, en daarop motorbushalte 24 km van Gobabis af. 'Namataal: Gagus = mekaar verloor. H. Vedder'. PNK besluit om naam te spel Gagus (APN 1951 120). PNK-SWA s.j. 11955] per pastor Diehl snr 'Kakus: ǃGa-ǀǀkhus'. Stel voor spelling 'Gakus'. Reimann GPE 1974 per Kilian EP Oud-Skoolhoof 'Kakus: van mekaar wegdwaal'. Van der Westhuizen ds PJW 1974 per Stadsklerk Gobabis 'Kakus: wegkruipertjie'. Krenz FK 1974 Boer Aantekening 'Gagu = mekaar verloor; gagu = mekaar verneuk, of Ikagu = mekaar steek'.
Description
afr Aan die noordgrens van die plaas vloei die Nyararivier met die Koonaprivier saam. Nyara is ook opgeteken as AGA en KAKA 3226 wat albei beteken 'Rietrivier'. Aan die westekant grens Kaka’s Mouth aan die plaas Riet Kuyl Som. Q.3-45, sodat daar weinig twyfel kan bestaan dat Kaka ook hier vertaal moet word soos AGA, KAGA en KAKA (KUYLEN) alw., d.w.s. as 'Rietrivier'. Dat 'riet' in hierdie gebiede volop was, kan verder afgelei word van die plaasname Great Riet Fontein en Klein Riet Fontein, op K 3225 DD. Die komponent 'Kaka' is dus soos Nama = 'riet', plus ǃ(k)a- = 'rivier'.
page start
617

Item sets