ǂGowas

Hier is 'n bloemlesing uit optekeninge van die naam wat, veral later as grenspos, baie in geskrifte opgeduik het. Oor die betekenis is daar geen twyfel nie. Schultze herinner ons daaraan dat Nama ǀgao-b nie net 'buffel' benoem nie, maar ook 'wildebees' (eintlik die 'blouwildebees', kyk vir bespreking HOTT 527-8 s.v. wildebees III). Van die begin af is die inboorlingnaam vir die soms droe sandriviertjie vertaal as 'Buffelsrivier', en wel uit die mond van Namas en San. ’n Rede is ook deur die Boesmans aangegee, wel nie die enigste nie. Die oorspronklike en die vertaalde name het naas mekaar bestaan, seifs tot vandag toe, en die eie naam van Van der Stel en geselskap (Sandrivier) het verval, alhoewel hy blykbaar redelik lank gebruik is, so bv. praat Brink 1761 byna ’n eeu na Van der Stel net van 'Santrivier' (VRV 28 20, 22), en nog later ken ook Gordon dit. Die skryfwyses en spelvorme val op, bv. in Cous, Cousie en Couwsi, daarnaas Kauzi, Koussie, Kowze, Kowsie. Opmerklik dat die Engelse berigte nie die C- skrywe nie. Die verste wyk Van der Stel af met 'n T- as anlaut, gehoor van Naman en San. Feit is ewenwel dat hierdie 'omruilbaarheid' van d/t (5 A 2) enersyds en g/k (5 A 3) andersyds met mekaar baie algemeen in Ou-Kaaps voorkom, ook binne een en dieselfde dialek (kyk HOTT 179-180 met talle voorbeelde by die gewoonste woorde, soos by die telwoord g-issi x d-issi vir 'tien', of by k-am x t-am vir 'twee' ens.) Touse en Kouse is gewone wisselvorme of wisseluitsprake van dieselfde woord (5 E 1). Lichtenstein is die eerste wat die schnalz aandui. Miskien is sy opgawe 'n setfout vir t’Koussie. Volgens sy stelsel moes dit gewees het t'Koussie vir ǀKoussie, getranslitereer volgens die huidige stelsel. Ook die opgawe van Knudsen het ons direk oorgeskryf volgens die huidige ortografie. By Knudsen, Kroenlein en Schultze is die nodige aansluiting met Nama gemaak; die -se- is vir aanduiding van ’n pleknaam. ’n Komponent om 'rivier' te verteenwoordig is die element -b wat Knudsen en lateres wel skryf. Die oueres laat die genuselement nog weg. As die naam wel op ’n -s uitgaan, bv. in Kousie-s-rivier, dan is dit nie uit Khoekhoens afkomstig nie, maar uit Hollands as verbindingselement.

About this item

Identifier
1933_SKCPN
Title
ǂGowas
Alternative Title
Kowas
Georeference Sources
S 2217/2318
longitude
17.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
╪Gowas**
ǂGowas
Source
afr Kleinschmidt FH 1860 Quellen 20 79 '...ruhten beim Pferdeplatz ( =f=Gowas) der Amralsehen Leute...' (op pad na die Amraals op Gobabis). Dubiel B ' =f= Kowas, ein Platz im Osten von Rehoboth...' Hahn Th 1879 kaart ' =f=Khowas', uitspanning. Dieselfde by Kiepert 1893 kaart. Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Kowas (Boschluis)', almal op die gegewe graadvierkant. Judt F Quellen 6 161 '...von Hoachanas aus ǀKhowas (Buschlaus)...' Dies. 1899 aid. 206 '...ǀKhowas (Boschluis) nach Olifantswater'.
Description
afr Hier is 'n bloemlesing uit optekeninge van die naam wat, veral later as grenspos, baie in geskrifte opgeduik het. Oor die betekenis is daar geen twyfel nie. Schultze herinner ons daaraan dat Nama ǀgao-b nie net 'buffel' benoem nie, maar ook 'wildebees' (eintlik die 'blouwildebees', kyk vir bespreking HOTT 527-8 s.v. wildebees III). Van die begin af is die inboorlingnaam vir die soms droe sandriviertjie vertaal as 'Buffelsrivier', en wel uit die mond van Namas en San. ’n Rede is ook deur die Boesmans aangegee, wel nie die enigste nie. Die oorspronklike en die vertaalde name het naas mekaar bestaan, seifs tot vandag toe, en die eie naam van Van der Stel en geselskap (Sandrivier) het verval, alhoewel hy blykbaar redelik lank gebruik is, so bv. praat Brink 1761 byna ’n eeu na Van der Stel net van 'Santrivier' (VRV 28 20, 22), en nog later ken ook Gordon dit. Die skryfwyses en spelvorme val op, bv. in Cous, Cousie en Couwsi, daarnaas Kauzi, Koussie, Kowze, Kowsie. Opmerklik dat die Engelse berigte nie die C- skrywe nie. Die verste wyk Van der Stel af met 'n T- as anlaut, gehoor van Naman en San. Feit is ewenwel dat hierdie 'omruilbaarheid' van d/t (5 A 2) enersyds en g/k (5 A 3) andersyds met mekaar baie algemeen in Ou-Kaaps voorkom, ook binne een en dieselfde dialek (kyk HOTT 179-180 met talle voorbeelde by die gewoonste woorde, soos by die telwoord g-issi x d-issi vir 'tien', of by k-am x t-am vir 'twee' ens.) Touse en Kouse is gewone wisselvorme of wisseluitsprake van dieselfde woord (5 E 1). Lichtenstein is die eerste wat die schnalz aandui. Miskien is sy opgawe 'n setfout vir t’Koussie. Volgens sy stelsel moes dit gewees het t'Koussie vir ǀKoussie, getranslitereer volgens die huidige stelsel. Ook die opgawe van Knudsen het ons direk oorgeskryf volgens die huidige ortografie. By Knudsen, Kroenlein en Schultze is die nodige aansluiting met Nama gemaak; die -se- is vir aanduiding van ’n pleknaam. ’n Komponent om 'rivier' te verteenwoordig is die element -b wat Knudsen en lateres wel skryf. Die oueres laat die genuselement nog weg. As die naam wel op ’n -s uitgaan, bv. in Kousie-s-rivier, dan is dit nie uit Khoekhoens afkomstig nie, maar uit Hollands as verbindingselement.
page start
781

Item sets