ǃKhōǃanus

Hier word wel 'Hollerivier' bedoel. Dan sal dit te verklaar wees soos Nama ǀǀgoaxa = 'herunterkommen, herabsteigen' (Kr.-R. 1969 NW 120), nl. van die waters uit die Koebieskow- en Hantamberge daaragter. Die nasalering van ǀǀgoa is as -n- gerealiseer in Koan-, anders Koang-. Die -(g)aap is vir 'rivier', Ou-Kaaps -kaa-p, Nama sonder velaar as ǃa-b. Die naam Holrivier is van toepassing op ’n rivier soos uit Khoekhoens in Afrikaans vertaal is, en daaruit op 'n sylyn (K 3118 CB) tussen Vredendal en Bitterfontein. Dit le in die dist. Vredendal. Die Holrivier vloei in die Olifantsrivier. Olifant is in Nama =t=k(h)oa-, wat direk aansluit by die Koa-n- van Koangaap. As ons nie die aanwysing van Gordon gehad het nie, sou ons Koangaap vertaal het met 'Olifanterivier', d.w.s. met die koa-n as die pi. comm, van koa- = olifante (Nama =t=khoa-n-) en met die -gaa-p as die Ou-Kaaps van Nama ǃa-b (waarvan die ou velaar k- of g- geglottaliseer is), betekenende rivier, dus letterlik 'Olifanterivier', sodat die sytak dieselfde naam as die hoofstroom sou gehad het. Maar nou weet ons (i) hoe die rivier sy Afrikaanse naam gekry het in 1660 en (ii) dat dit ' Holrivier' beteken en die ooreenstemming met 'Olifanterivier' inderdaad net 'n toevalligheid is. Dit lyk nogtans of Gordon Koangaap vertaal met 'Agteromrivier', wat dan sal aansluit by Nama khau- ǃga = 'nach, hinter' (Kr.-R. 214). Die -n- van Koan(g)- sal dan afkomstig wees uit die nasaliteit van die lid ǃga. Afgaande op klankooreenstemming en die gegewe betekenisse, saam geneem, meen ons dat die beste saak uit te maak is vir 'Holrivier'.

About this item

Identifier
1790_SKCPN
Title
ǃKhōǃanus
Alternative Title
Koanus
Georeference Sources
S 2217
longitude
17.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǃKhōǃanus*
ǃKhōǃanus
Source
afr Witbooi Moses 1880 brief Quellen 17 9 'Damaras...nagezet tot ǃKho-ǃanus'. Hahn Th 1879 kaart ' ǃKho-ǃanus', uitspanning. Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Koanus', bron, en ook ’n berg. Almal op 2217 D, ong. 35 km oostelik van Windhoek. PNK 1947 'Koanus'. Motorbushalte, II km van Otjimukona op roete Windhoek na Dordabis. 'Nama =f=Koa-4=nus = schwarzer weiblicher Ele- fant. H. Vedder'. Krenz FK 1970 Mitt 11/5 Aug. bl. 8 'Koanus: ǀKoa = rauh; ǀnu§ = Fuss (?). Schwarze Elefantenkuh wuerde heissen =f=Nu- =f=goas'. Aangevul 1974 met ' =f= Koa-=j=nus = Elefant-sass...'
Description
afr Hier word wel 'Hollerivier' bedoel. Dan sal dit te verklaar wees soos Nama ǀǀgoaxa = 'herunterkommen, herabsteigen' (Kr.-R. 1969 NW 120), nl. van die waters uit die Koebieskow- en Hantamberge daaragter. Die nasalering van ǀǀgoa is as -n- gerealiseer in Koan-, anders Koang-. Die -(g)aap is vir 'rivier', Ou-Kaaps -kaa-p, Nama sonder velaar as ǃa-b. Die naam Holrivier is van toepassing op ’n rivier soos uit Khoekhoens in Afrikaans vertaal is, en daaruit op 'n sylyn (K 3118 CB) tussen Vredendal en Bitterfontein. Dit le in die dist. Vredendal. Die Holrivier vloei in die Olifantsrivier. Olifant is in Nama =t=k(h)oa-, wat direk aansluit by die Koa-n- van Koangaap. As ons nie die aanwysing van Gordon gehad het nie, sou ons Koangaap vertaal het met 'Olifanterivier', d.w.s. met die koa-n as die pi. comm, van koa- = olifante (Nama =t=khoa-n-) en met die -gaa-p as die Ou-Kaaps van Nama ǃa-b (waarvan die ou velaar k- of g- geglottaliseer is), betekenende rivier, dus letterlik 'Olifanterivier', sodat die sytak dieselfde naam as die hoofstroom sou gehad het. Maar nou weet ons (i) hoe die rivier sy Afrikaanse naam gekry het in 1660 en (ii) dat dit ' Holrivier' beteken en die ooreenstemming met 'Olifanterivier' inderdaad net 'n toevalligheid is. Dit lyk nogtans of Gordon Koangaap vertaal met 'Agteromrivier', wat dan sal aansluit by Nama khau- ǃga = 'nach, hinter' (Kr.-R. 214). Die -n- van Koan(g)- sal dan afkomstig wees uit die nasaliteit van die lid ǃga. Afgaande op klankooreenstemming en die gegewe betekenisse, saam geneem, meen ons dat die beste saak uit te maak is vir 'Holrivier'.
page start
724

Item sets