Kaitsabis

Fairview is plaas nr 488 op gegewe graadvierkant, dist. Grootfontein. Pastor Diehl se spelling lyk na 'n rekonstruksie, met tsa = 'schwimmen' en ǃkhai = iets afsny. Tsa kan o.m. ook beteken probeer, en Ikhai beteken ook koud. Verder dui IKhaitsab die maand Mei aan. Krenz FK 1976 Boer Aantekening hierby vra of dit nie is 'ǃGei tsab = lekker voel' nie. Daar isgenoeg ruimte vir bespiegeling. Ons bespiegeling is dat Fairview die vertaling van Kaitsab is. Die eerste lid, nl. Kai-, is dan soos Nama Igaisa = 'angenehm', mooi, 'fair' (Rust 1960 DNW 3), nou Igaesa, met die 'view' bygedink. Die -tsa- is waarskynlik ’n aanpassing by die adverbiale formans -sa-. Indien ons gelyk het, dan is dit een van die betreklik geringe aantal gevalle waar die inlandse naam in sy Engelse vertaling voortlewe. Kyk ook KAITSAB 2518.

About this item

Identifier
1462_SKCPN
Title
Kaitsabis
Alternative Title
Kaitsabis
Georeference Sources
S 2217
longitude
17.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Langhans & Von Francois s.j. kaart 'Kaitsabis', 'Wasserstelle'.
Description
afr Fairview is plaas nr 488 op gegewe graadvierkant, dist. Grootfontein. Pastor Diehl se spelling lyk na 'n rekonstruksie, met tsa = 'schwimmen' en ǃkhai = iets afsny. Tsa kan o.m. ook beteken probeer, en Ikhai beteken ook koud. Verder dui IKhaitsab die maand Mei aan. Krenz FK 1976 Boer Aantekening hierby vra of dit nie is 'ǃGei tsab = lekker voel' nie. Daar isgenoeg ruimte vir bespiegeling. Ons bespiegeling is dat Fairview die vertaling van Kaitsab is. Die eerste lid, nl. Kai-, is dan soos Nama Igaisa = 'angenehm', mooi, 'fair' (Rust 1960 DNW 3), nou Igaesa, met die 'view' bygedink. Die -tsa- is waarskynlik ’n aanpassing by die adverbiale formans -sa-. Indien ons gelyk het, dan is dit een van die betreklik geringe aantal gevalle waar die inlandse naam in sy Engelse vertaling voortlewe. Kyk ook KAITSAB 2518.
page start
613

Item sets