Keisis

Die wyk word ook genoem Keisiesrivier. Agterna gesien, is dit eintlik grappig dat SESA se afleiding ongeveer die teenoorgestelde van die werklike betekenis van 'leiike rivier' is, soos by Gordon, met die ewe 'komiese' gesukkel van diegene wat die PNK moes inlig. Die drie aanhalings is so gekies dat hulle tegelykertyd die plek voldoende situeer - hier is sprake van dieselfde plek, by Kogmanskloof (Ashton) in dist. Montagu. Wat juis 'lelik' is, blyk nie. Sparrman 1775-6 teken vir 'lelik' op kaisi (HOTT 370), in Kora ǀǀgaisi, in Nama ǀǀgeisi (aid.) [ǀǀgaisi], wat almal direk by die riviernaam aansluit. Vgl. GEITSAUB. Dr Du Plessis 1973 Ondersoek 245 vertel op gesag van die stadsklerk van Montagu hoe ’n sytak aan die naam van 'Bobbejaankeisie' gekom het. Die Bobbejaankeisie is ’n syriviertjie van die Keisie wat in die Baden-Vallei afloop. Hy het sy naam 'te danke aan 'n voorval wat tydens 'n wolkbreuk plaasgevind het. Die riviertjie het sterk afgekom en bo-op 'n stomp het ’n bobbejaan gesit wat met die stroom afgedryf het...' Sou dit nie miskien net ’n voorvalletjie wees wat 'gegroei' het uit die feit dat Keisie ook 'gehoor' is as 'Kesie' nie? Die Keisie- is ’n bestanddeel van die naam vir die rivier (Keisierivier 3320 CA), die berg (Keisieberg 3319 DB, ook noordelik van Montagu gelee) en van ’n plaas Kiesie’s Berg Ro.Q.3-1 op 3319 DB/3320 CA.

About this item

Identifier
1668_SKCPN
Title
Keisis
Alternative Title
Keisis
Georeference Sources
S 2216
longitude
16.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Halbich M 1974 Boer Gesprek 'Keisis, dit kan wees ǀǀgeisi of ǀǀeisi, dan is dit die slegte plek'.
Description
afr Die wyk word ook genoem Keisiesrivier. Agterna gesien, is dit eintlik grappig dat SESA se afleiding ongeveer die teenoorgestelde van die werklike betekenis van 'leiike rivier' is, soos by Gordon, met die ewe 'komiese' gesukkel van diegene wat die PNK moes inlig. Die drie aanhalings is so gekies dat hulle tegelykertyd die plek voldoende situeer - hier is sprake van dieselfde plek, by Kogmanskloof (Ashton) in dist. Montagu. Wat juis 'lelik' is, blyk nie. Sparrman 1775-6 teken vir 'lelik' op kaisi (HOTT 370), in Kora ǀǀgaisi, in Nama ǀǀgeisi (aid.) [ǀǀgaisi], wat almal direk by die riviernaam aansluit. Vgl. GEITSAUB. Dr Du Plessis 1973 Ondersoek 245 vertel op gesag van die stadsklerk van Montagu hoe ’n sytak aan die naam van 'Bobbejaankeisie' gekom het. Die Bobbejaankeisie is ’n syriviertjie van die Keisie wat in die Baden-Vallei afloop. Hy het sy naam 'te danke aan 'n voorval wat tydens 'n wolkbreuk plaasgevind het. Die riviertjie het sterk afgekom en bo-op 'n stomp het ’n bobbejaan gesit wat met die stroom afgedryf het...' Sou dit nie miskien net ’n voorvalletjie wees wat 'gegroei' het uit die feit dat Keisie ook 'gehoor' is as 'Kesie' nie? Die Keisie- is ’n bestanddeel van die naam vir die rivier (Keisierivier 3320 CA), die berg (Keisieberg 3319 DB, ook noordelik van Montagu gelee) en van ’n plaas Kiesie’s Berg Ro.Q.3-1 op 3319 DB/3320 CA.
page start
689

Item sets