Karub-, Kharub(Rivier)

Die plaasnaam is Karup. Om verwarring met gelyknamige plekke te voorkom is die naam deur die PNK-SWA in 1954 verander tot 'Waterbank', die huidige naam soos dit ook in die jongste spoorwegroosters verskyn, maar op die kaart 1972 van die landmeter-generaal staan vir die stasie nog die ou naam Karub (met -b). Waterbank is te verstaan as die vertaling, soos blyk uit die brief van pastor Diehl. Dan soos Nama ǀǀgaru- 'das Wasserbecken im Pels, die Wasserbank (in natura)' (Kr.-R. 1969 NW 84). Die g- is in die plaas- en ou stasienaam stemloos as k-, wat gewoon is (5 A 3). Hierdie verklaring van 'Waterbank' verskil egter van die soos voorgestel deur die ander segsliede. Die geskil kan net opgelos word as ons 'n vroee dokumentasie kan kry. Vgl. ook KHARUB(RIVIER) vir ’n verband.

About this item

Identifier
1604_SKCPN
Title
Karub-, Kharub(Rivier)
Alternative Title
Karub-, Kharub(Rivier)
Georeference Sources
S 2215/2214
longitude
15.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Hahn Th 1879 kaart ' IKharub R.' Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Karub'.
Description
afr Die plaasnaam is Karup. Om verwarring met gelyknamige plekke te voorkom is die naam deur die PNK-SWA in 1954 verander tot 'Waterbank', die huidige naam soos dit ook in die jongste spoorwegroosters verskyn, maar op die kaart 1972 van die landmeter-generaal staan vir die stasie nog die ou naam Karub (met -b). Waterbank is te verstaan as die vertaling, soos blyk uit die brief van pastor Diehl. Dan soos Nama ǀǀgaru- 'das Wasserbecken im Pels, die Wasserbank (in natura)' (Kr.-R. 1969 NW 84). Die g- is in die plaas- en ou stasienaam stemloos as k-, wat gewoon is (5 A 3). Hierdie verklaring van 'Waterbank' verskil egter van die soos voorgestel deur die ander segsliede. Die geskil kan net opgelos word as ons 'n vroee dokumentasie kan kry. Vgl. ook KHARUB(RIVIER) vir ’n verband.
page start
666

Item sets