Kubas

Dit gaan hier om die plase Kub Sud nr 4 suid van die Grootvisrivier, en die aangrensende Voigtskub nr 151 noord van die rivier, die drif daartussen, en 'n sytak, almal in die distrik Mariental en noordwes van die dorp, vroeer in die algemeen genoem die Kub, by Nama 11khu-b, met lokatief -b by die inlandse naam vir 'doring(boom/bome)'. Verklaring soos gegee in die aanhalinge, die van Gaerdes is afkomstig van dr Vedder. Witbooi se mense het die plek in Nov. 1899 aangeval. In 1903 is die eerste skool vir Afrikaanse kinders in SWA hier geopen (vgl. SESA alwaar).

About this item

Identifier
1956_SKCPN
Title
Kubas
Alternative Title
Kubas
Georeference Sources
S 2215
longitude
15.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Kruger WEM 1973 Boer Vraelys 'Kubas nr 77, 48 km van Usakos, plaas. Beteken ‘Sy het ’n kleintjie’, uit goas uhas. Langs die groot klipbank is nog ’n kleiner bank. Kubas was my eerste plaas. Ek het 18 jaar daar geboer. Dit is eintlik ’n groot en ’n klein watergat op klipbanke langs mekaar. Gehoor by die byna 80-jarige Heinrich Dixon'. Louw SJ 1973 Boer Vraelys 'Kubas, plaas, naaste dorp Usakos. Beteken ‘Uitkamp’, as gevolg van klipbanke wat baie lank water kan hou; Kubas was ook ’n ou Duitse spoorwegstasie. Informant Samuel, werknemer'.
Description
afr Dit gaan hier om die plase Kub Sud nr 4 suid van die Grootvisrivier, en die aangrensende Voigtskub nr 151 noord van die rivier, die drif daartussen, en 'n sytak, almal in die distrik Mariental en noordwes van die dorp, vroeer in die algemeen genoem die Kub, by Nama 11khu-b, met lokatief -b by die inlandse naam vir 'doring(boom/bome)'. Verklaring soos gegee in die aanhalinge, die van Gaerdes is afkomstig van dr Vedder. Witbooi se mense het die plek in Nov. 1899 aangeval. In 1903 is die eerste skool vir Afrikaanse kinders in SWA hier geopen (vgl. SESA alwaar).
page start
790

Item sets