Hanoas

Die verklaring van Mossop, soos geadviseer deur dr Vedder (aid., p. 12), is in die eerste twee komponente ’n deursigtige rekonstruksie gegrond op klankassosiasie alleen en sonder enige ander regverdiging. Die derde kompo- nent hou nie eers hiermee rekening nie. Dit is 'n moeilike geval en die slotdeel lyk nie baie op Khoekhoens nie, tensy, soos mnr WHG Haacke 1976 aan die hand doen, dit ’n vorm van die onbeklemtoonde resiprokaalsuffiks -sen is. Mossop en Vedder gebruik weer nie die sleutel wat Van Reenen hulle in die hande gee nie, naamlik dat hy in die reel die inlandse name vertaal. Vgl. bv. HAUUIS. Ons gaan om die rede eers uit van Van Reenen se vertaling 'Klipfontein'. Dan lyk dit vir ons of die twee n’s verkeerd afgeskryf is en eintlik u’s moes gewees het, die inlandse naam dus te lees is as Haukaysou, wat horn ook ’n inlandse voorkoms gee. Die -sou is dan soos Nama tsau-, 'Wasser- brunnen', die Hau- soos Nama ǃhau-, 'Wasserbank', en die -kay- is minder seker maar moontlik soos Ou-Kaaps y- of hei, Nama ǀui-, = 'klip', gevelariseer tot k-ui-, ’n gewone dialektiese verskynsel (vgl. HOTT 186). Dit gee dan (weliswaar geforseerd) ’n verklaring van 'Klipbankfontein', Van Reenen se 'Klipfontein'.

About this item

Identifier
1177_SKCPN
Title
Hanoas
Alternative Title
Hanoas
Georeference Sources
S 2214
longitude
14.5
latitude
-22.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Alexander JE 1837 EDIA 2 104 'The sandhills, which extended from the Kuisip, were here [gesien van Swakopmundl succeeded by mountains... 2 000 or 3 000 feet high, and called the Qua’nuas, or clay-bank-trap mountains, that is, those in which the foot is caught as in a trap... I named the highest of them Mount Colquhoun...' Berghaus H 1841 kaart 'Qua'nwas Bge'; Hall E1C 1850 Ethnological S.A. kaart 'Quanwas Mt.' [almal op hoogte S 2214, oostelik van Swakopmund.] Hahn Th 1879 kaart ' 4=Ha-ǀǀnoas Mt.'; Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hanaos', bron op S 2214 BD, en 'Hanoas (Nunuas, Colquhun)', berg op S 2214 DA/DB.
Description
afr Die verklaring van Mossop, soos geadviseer deur dr Vedder (aid., p. 12), is in die eerste twee komponente ’n deursigtige rekonstruksie gegrond op klankassosiasie alleen en sonder enige ander regverdiging. Die derde kompo- nent hou nie eers hiermee rekening nie. Dit is 'n moeilike geval en die slotdeel lyk nie baie op Khoekhoens nie, tensy, soos mnr WHG Haacke 1976 aan die hand doen, dit ’n vorm van die onbeklemtoonde resiprokaalsuffiks -sen is. Mossop en Vedder gebruik weer nie die sleutel wat Van Reenen hulle in die hande gee nie, naamlik dat hy in die reel die inlandse name vertaal. Vgl. bv. HAUUIS. Ons gaan om die rede eers uit van Van Reenen se vertaling 'Klipfontein'. Dan lyk dit vir ons of die twee n’s verkeerd afgeskryf is en eintlik u’s moes gewees het, die inlandse naam dus te lees is as Haukaysou, wat horn ook ’n inlandse voorkoms gee. Die -sou is dan soos Nama tsau-, 'Wasser- brunnen', die Hau- soos Nama ǃhau-, 'Wasserbank', en die -kay- is minder seker maar moontlik soos Ou-Kaaps y- of hei, Nama ǀui-, = 'klip', gevelariseer tot k-ui-, ’n gewone dialektiese verskynsel (vgl. HOTT 186). Dit gee dan (weliswaar geforseerd) ’n verklaring van 'Klipbankfontein', Van Reenen se 'Klipfontein'.
page start
519

Item sets