Hauneib

Laidler se opgawe is te lees as ǃHau-hoobis. 'Bloed' is volgens Rust 1960 DNW 11 ǀau- [nou; ǀao-]. Indien Laidler se ǃhau te vertaal is met bloed, is daar o.m. 'n verskil in suigkonsonant. Nog Hauhoobis nog Bloedrivier vind ons op die beskikbare kaarte vir die gebied Namakwaland in hierdie vorm terug. In die gebied waaruit Laidler se plekname geneem is, is 'n Rietkloof op K 2917 AD/BC. Volgens dje Topografiese reeks 1974 vel 2916 Springbok is daar aan die oostelike kant van die Rietkloof, eintlik 'Rietkloof se Berg', 'n droe lopie wat op sy beurt aansluit by Stryrivier. Is dit die Bloedrivier waarna Laidler verwys? Dit le in elk geval 'near Rietkloof'. Dan is Hauhoobis die ou naam van Stryrivier, vroeer Strijdrivier, die rivier waar daar geveg is. Die ou IHauhoo- (-bis is plekduidende formans) is ongetwyfeld dieselfde woord as Nama ǃgau-gu- (Kr.-R. 1969 NW 129, daar nog Ryns gespel ǃgou-gu-b, betekenis 'hartes, zahes Ringen, bitterer Kampf...Todeskampf'). Hier wissel dan af h- en g-, wat gewoon is, kyk 5 C 4. Die suigkonsonante klop in hierdie verbintenis volkome met Laidler se opgawe. Hier help die naamkundige weer die beoefenaar van die voorgeskiedenis.

About this item

Identifier
1233_SKCPN
Title
Hauneib
Alternative Title
Hauneib
Georeference Sources
S 2115 DB
longitude
15.875
latitude
-21.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hauneib', bron op S 2115 DB, ong. noord van Karibib gelee. Hiilbich M 1974 Boer Gesprek 'Hauneib, is die kameelperd wat verdwaal het, ǃneib ǀ ǃnaib 1 is die kameelperd, en ǀǀhau, eintlik ǀǀhawu, is om te verdwaal'.
Description
afr Laidler se opgawe is te lees as ǃHau-hoobis. 'Bloed' is volgens Rust 1960 DNW 11 ǀau- [nou; ǀao-]. Indien Laidler se ǃhau te vertaal is met bloed, is daar o.m. 'n verskil in suigkonsonant. Nog Hauhoobis nog Bloedrivier vind ons op die beskikbare kaarte vir die gebied Namakwaland in hierdie vorm terug. In die gebied waaruit Laidler se plekname geneem is, is 'n Rietkloof op K 2917 AD/BC. Volgens dje Topografiese reeks 1974 vel 2916 Springbok is daar aan die oostelike kant van die Rietkloof, eintlik 'Rietkloof se Berg', 'n droe lopie wat op sy beurt aansluit by Stryrivier. Is dit die Bloedrivier waarna Laidler verwys? Dit le in elk geval 'near Rietkloof'. Dan is Hauhoobis die ou naam van Stryrivier, vroeer Strijdrivier, die rivier waar daar geveg is. Die ou IHauhoo- (-bis is plekduidende formans) is ongetwyfeld dieselfde woord as Nama ǃgau-gu- (Kr.-R. 1969 NW 129, daar nog Ryns gespel ǃgou-gu-b, betekenis 'hartes, zahes Ringen, bitterer Kampf...Todeskampf'). Hier wissel dan af h- en g-, wat gewoon is, kyk 5 C 4. Die suigkonsonante klop in hierdie verbintenis volkome met Laidler se opgawe. Hier help die naamkundige weer die beoefenaar van die voorgeskiedenis.
page start
537

Item sets