Karigeins

Hier is sprake van twee riviere en afgeleide samestellinge daarmee (Kariegaberg en -vallei). Die een rivier ontspring aan die Groot Winterhoekberg noordwes van Uitenhage met uitmonding in die Son- dagsrivier, die ander stroom westelik verby Grahamstad en deur die distrik Bathurst in die Indiese Oseaan 3 km ten ooste van die Boesmansriviermond. Kyk hieroor SESA 1972 6 305 en veral Skead CJ 1973 Gazetteer 94. Dit stem nie altyd ooreen met wat bv. Gordon noem nie. Dit is ons te doen om die naamkundige verklaring en daarom word hulle saam behandel. Die veelheid van skryfvorme val op, soos die vervanging van die -r- met -1- (Kaluiga/Kalniga), die uitstoting van die eerste klinker (Criega, Krika, Kriga, Kraaga, Kragga), die onsekerheid met die tweede klinker (i, ie en e), en- sovoorts, en die vreemde Crever van Goldswain. Slegs Gordon skryf een keer 'n suigkonsonant met sy skerp aksent ('Cariegha). Ewe uiteenlopend is die verklaringspoginge waarvan Forbes by Swellengrebel 'n opsomming gee en sy eie, 'n vierde, daaraan toevoeg. Die verklarings is almal gebaseer op waarskynlikhede. Met die gegewens tot ons beskikking vind ons dit nie moontlik om uitsluitsel te kry nie en wantrou almal. Diegene wat belangstelling het vir die lokalisasie van die plekke in die sitate genoem, word verwys na Forbes 1965 PTSA, veral 64-5. Elders som Forbes 1967 VRV 48 16 dit so op 'Among several meanings proposed for this Hottentot name are Steenbok River, Hartebeest River and the River of Karee Trees'; voeg by Swellengrebel se 'Kierierivier'. Terloops, ons meen dat prof. Engelbrecht se opgawe op 'n vergissing berus. Hy het waarskynlik gedink aan 'n steenbok maar het per abuis geskryf 'hartebees'. Die 'hartebees' is in Nama ǀǀkhama- b, nie ǃa(i)ri- nie. As hy nageskryf is, sou daar 'n mite ontstaan het. Daar is ook nog ander spelvorme as die genoemdes, maar hulle dra niks by tot die oplossing aangaande die betekenis nie. Die rivier wat in die distrik van Bathurst deurstroom (uitmonding 3326), het sy naam aan die dorpie Kariega K 3326 DA gegee, en, terloops vermeld, aan die Pronolagus crassicaudatus kariegae.

About this item

Identifier
1580_SKCPN
Title
Karigeins
Alternative Title
Karigeins
Georeference Sources
S 2114
longitude
14.5
latitude
-21.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
nou Klein-Spitskoppe
Source
afr Kabesib W, Philander W, Van der Westhuizen C e.a. (Bergdamaras) 1974 Ondervraging 'Die Damaras se ǀGeins, en vir die Klein-Spitskoppies se hulle =f= Khari-ǀgeins'.
Description
afr Hier is sprake van twee riviere en afgeleide samestellinge daarmee (Kariegaberg en -vallei). Die een rivier ontspring aan die Groot Winterhoekberg noordwes van Uitenhage met uitmonding in die Son- dagsrivier, die ander stroom westelik verby Grahamstad en deur die distrik Bathurst in die Indiese Oseaan 3 km ten ooste van die Boesmansriviermond. Kyk hieroor SESA 1972 6 305 en veral Skead CJ 1973 Gazetteer 94. Dit stem nie altyd ooreen met wat bv. Gordon noem nie. Dit is ons te doen om die naamkundige verklaring en daarom word hulle saam behandel. Die veelheid van skryfvorme val op, soos die vervanging van die -r- met -1- (Kaluiga/Kalniga), die uitstoting van die eerste klinker (Criega, Krika, Kriga, Kraaga, Kragga), die onsekerheid met die tweede klinker (i, ie en e), en- sovoorts, en die vreemde Crever van Goldswain. Slegs Gordon skryf een keer 'n suigkonsonant met sy skerp aksent ('Cariegha).
Ewe uiteenlopend is die verklaringspoginge waarvan Forbes by Swellengrebel 'n opsomming gee en sy eie, 'n vierde, daaraan toevoeg. Die verklarings is almal gebaseer op waarskynlikhede. Met die gegewens tot ons beskikking vind ons dit nie moontlik om uitsluitsel te kry nie en wantrou almal. Diegene wat belangstelling het vir die lokalisasie van die plekke in die sitate genoem, word verwys na Forbes 1965 PTSA, veral 64-5. Elders som Forbes 1967 VRV 48 16 dit so op 'Among several meanings proposed for this Hottentot name are Steenbok River, Hartebeest River and the River of Karee Trees'; voeg by Swellengrebel se 'Kierierivier'. Terloops, ons meen dat prof. Engelbrecht se opgawe op 'n vergissing berus. Hy het waarskynlik gedink aan 'n steenbok maar het per abuis geskryf 'hartebees'. Die 'hartebees' is in Nama ǀǀkhama- b, nie ǃa(i)ri- nie. As hy nageskryf is, sou daar 'n mite ontstaan het.
Daar is ook nog ander spelvorme as die genoemdes, maar hulle dra niks by tot die oplossing aangaande die betekenis nie. Die rivier wat in die distrik van Bathurst deurstroom (uitmonding 3326), het sy naam aan die dorpie Kariega K 3326 DA gegee, en, terloops vermeld, aan die Pronolagus crassicaudatus kariegae.
page start
659

Item sets