Kharases

Usakos le op die oewer van die Khan; die kopermyn 45 km van Swakopmund ontleen sy naam aan die rivier. Dit val op hoeveel onsekerheid daar is, bv. t.o.v. die suigkonsonant. Kleinschmidt wat daar op Otjimbingwe werksaam was en behoort te weet, skryf dit met die =f=, so ook ouderling Daniel Cloete; hierby sluit dr Vedder horn aan, soos ook pastor Diehl en mnr Krenz, maar Th Hahn en inspekteur Fuipert redeneer anders. Voorlopig laat ons dit by wat in die aangehaalde bronne beskikbaar geword het, met die byvoeging dat Hahn 1901 Collectanea 265 die naam van ’n plant noem wat hy op dieselfde wyse spel as die riviernaam deur horn gespel word, sodat hy miskien die riviernaam daarmee verbind het. Dit lui 'Die Khoikoi verstanden sich auf das Gerben, wozu sie besonders den Bast der ǀǀKhu (Dornbaumes) gebrauchten, und auch die IKhanwurzel'. Smith identifiseer hierdie looiwortel nie onder hierdie naam nie, sover ons kan sien. Vroeer was daar ook 'n plaas nr 103 met die naam van 'Khanrivier', dist. Karibib, maar nr 103 heet nou Aukas-West, op S 2115/2215, aan die Khan. ’n Ander aanwysing kan moontlik verkry word deur wat Cloete meedeel. Etiro is die naam van ’n plaas en ’n rivierloop wat in die Khan uitmond. Volgens mev G Berger 1975 beteken Etiro 'bei den alten Herero: 'Pass aufǃ’...' Khan word, soos reeds opgemerk, o.i. betroubaar gehoor as =f=Khan. Nou val dit op dat hierdie woord, gedevelariseer as =f=an, in Nama dieselfde betekenis het as Etiro in Herero; Kr.-R. 1969 NW 33 vertaal =f=an so: 'Pass aufǃ gib achtǃ' Dit kan natuurlik toeval wees, maar gelet op wat bv. oor USAKOS aan die Khan beweer word, kan Khanrivier moontlik verklaar word as 'Oppas-rivier', 'Rivier wat gevaarlik is en waarteen jy gewaarsku word'.

About this item

Identifier
1694_SKCPN
Title
Kharases
Alternative Title
Kharases
Georeference Sources
S 1917
Relation
alternatiewe naam van Otjikururume
longitude
17.5
latitude
-19.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Payne GAH 1976 Boer Adreslys H 369 'Die Damara noem hierdie plaas Otjikururume ook ǀǀKharases. Dit beteken ‘Digte, groot plek’. Segsman: die ou Damara Alfred wat nog by ons woon'.
Description
afr Usakos le op die oewer van die Khan; die kopermyn 45 km van Swakopmund ontleen sy naam aan die rivier. Dit val op hoeveel onsekerheid daar is, bv. t.o.v. die suigkonsonant. Kleinschmidt wat daar op Otjimbingwe werksaam was en behoort te weet, skryf dit met die =f=, so ook ouderling Daniel Cloete; hierby sluit dr Vedder horn aan, soos ook pastor Diehl en mnr Krenz, maar Th Hahn en inspekteur Fuipert redeneer anders. Voorlopig laat ons dit by wat in die aangehaalde bronne beskikbaar geword het, met die byvoeging dat Hahn 1901 Collectanea 265 die naam van ’n plant noem wat hy op dieselfde wyse spel as die riviernaam deur horn gespel word, sodat hy miskien die riviernaam daarmee verbind het. Dit lui 'Die Khoikoi verstanden sich auf das Gerben, wozu sie besonders den Bast der ǀǀKhu (Dornbaumes) gebrauchten, und auch die IKhanwurzel'. Smith identifiseer hierdie looiwortel nie onder hierdie naam nie, sover ons kan sien. Vroeer was daar ook 'n plaas nr 103 met die naam van 'Khanrivier', dist. Karibib, maar nr 103 heet nou Aukas-West, op S 2115/2215, aan die Khan. ’n Ander aanwysing kan moontlik verkry word deur wat Cloete meedeel. Etiro is die naam van ’n plaas en ’n rivierloop wat in die Khan uitmond. Volgens mev G Berger 1975 beteken Etiro 'bei den alten Herero: 'Pass aufǃ’...' Khan word, soos reeds opgemerk, o.i. betroubaar gehoor as =f=Khan. Nou val dit op dat hierdie woord, gedevelariseer as =f=an, in Nama dieselfde betekenis het as Etiro in Herero; Kr.-R. 1969 NW 33 vertaal =f=an so: 'Pass aufǃ gib achtǃ' Dit kan natuurlik toeval wees, maar gelet op wat bv. oor USAKOS aan die Khan beweer word, kan Khanrivier moontlik verklaar word as 'Oppas-rivier', 'Rivier wat gevaarlik is en waarteen jy gewaarsku word'.
page start
700

Item sets